Wednesday, 24 September 2014

Die graad 7 leerders se muurkuns

Die graad 7 leerders het 'n lekker uitdaging gekry om hulle name in muurkuns te skryf. Aan die begin was hulle eers 'n bietjie verward omdat hulle nie verstaan het hoe om dit te doen nie, maar hulle het gou opgewonde geraak.

Die opdrag was om jou naam in grafitie styf te skryf en dan op 'n A3 papier jou kunswerk met jou naam in pastel te voltooi. Ons het vir die leerders fotos gewys van muurkuns sowel as verskillende letter style. Daarna het die leerders aan die werk gespring en was die projek nou in hulle hande.

Hulle het dit vreeslik baie geniet om hierdie opdrag uit te voer. Toe almal klaar was daarmee het ons elke leerder se kunswerk gelamineer en teen die klas se buite muur op gesit. Nou kon die leerders biertjie spog met hulle pragtige kunswerke.


7 comments:

  1. Dit lyk baie goed juffrou ek moet se kan dink hulle het dit geniet

    ReplyDelete
  2. Baie oorspronklike idee! Leerders se leer begin by hulleself - Die verpersoonliking van hierdie aktiwiteit deur die gebruik van hulle eie name, skep dus die ideale geleentheid om die leerders se belangstelling in kreatiwiteit en die kunste te prikkel.
    Wel gedaan, Juffrou!

    ReplyDelete
  3. Dit lyk stunning! Hulle is heel kreatief hoor en dit is beslis 'n lekker lessie om te onthou. Goeie werk!!

    ReplyDelete
  4. Dis van baie groot belang om kuns interessant en so kreatief moontlik te maak vir leerders. Deur hulle persoonlik te betrek, soos met hierdie les, maak dit hulle vreeslik opgewonde aangesien dit iets is waarmee hulle gemaklik voel. Goeie werk.

    ReplyDelete
  5. Ek moet se dit is 'n baie itresante en oorspronklike projek. Ek dink daar moet meer sulke projekte wees vir kinders en ek is seker hulle het daaruit geleer terwyl hulle dit ongelooflik baie geniet het. Well done

    ReplyDelete
  6. dis altyd lekker as leerders op so kreatiewe manier kan leer

    ReplyDelete
  7. Die leerders het regtig betrokke gevoel en die kuns hulle eie gemaak. Hierdie vorm van kuns is maklik genoeg vir die graad 3 tot 7 leerders. Die medium(pastel) sal net aangepas moet word vir jonger leerders soos om eerder potlode of verf te gebruik vir die graad 3 en 4 leerders. Jaco ek stem ook saam daarmee dat daar meer sulke projekte moet wees vir kinders veral projekte wat seuns in die kuns klas motiveer om te werk.

    ReplyDelete