Thursday 25 September 2014

Die graad 6 Leerders se knoop en doop projek

Ons graad 6 leerders het begin leer van Crafts/ handwerk in kuns. Vir inlyding het ons knoop en doop hemde gemaak. 

Elke leerder moes sy eie wit hemp en ten minste 20 albasters gebring het. Ons het die kleursel en die rekkies verskaf. Ek het vir die leerders 'n paar tegnieke verduidelik en daarna het hulle dit self probeer. Hulle het 1 uur en 'n half gehad om die rekkies en albasters in en op die hemp vas te maak. Daarna het ek die kleursel aangemaak in verskye houers en dit buite op die gras gesit. Die leerders kon nou elkeen sy eie hemp in 'n emer gaan plaas. 

Terwyl ons vir die hemde gewag het om te kleur het ek hulle van Afrika Crafts begin vertel en 'n paar voorbeelde gewys. Vir hulle volgende projek gaan hulle self enige Afrika Craft produk maak van hulle keuse.

Nadat die hemde 20 min in die kleursel gele het, het ons dit uit gehaal. Elke leerder het nou sy eie hemp gekry. Die leerders het dit eers in water af gespoel en toe in 'n houer met 'n spesiale middel in wat die kleur beter laat hou. Elke leerder moes toe al die rekkies en albasters weer afhaal. Die hemde was langs die klas opgehang om droog te word en die volgende dag was die hemde reg om te dra!

Hierdie projek leer leerders om stappe te volg, goed vir fyn metoriese ontwikkeling en die stimulering van kreatiewe denke. Die kinders het dit geniet om hulle eie produkte te skep en was verbaas oor die patrone wat uitgekom het nadat die rekkies af gehaal is.






Wednesday 24 September 2014

Die graad 7 leerders se muurkuns

Die graad 7 leerders het 'n lekker uitdaging gekry om hulle name in muurkuns te skryf. Aan die begin was hulle eers 'n bietjie verward omdat hulle nie verstaan het hoe om dit te doen nie, maar hulle het gou opgewonde geraak.

Die opdrag was om jou naam in grafitie styf te skryf en dan op 'n A3 papier jou kunswerk met jou naam in pastel te voltooi. Ons het vir die leerders fotos gewys van muurkuns sowel as verskillende letter style. Daarna het die leerders aan die werk gespring en was die projek nou in hulle hande.

Hulle het dit vreeslik baie geniet om hierdie opdrag uit te voer. Toe almal klaar was daarmee het ons elke leerder se kunswerk gelamineer en teen die klas se buite muur op gesit. Nou kon die leerders biertjie spog met hulle pragtige kunswerke.